Ouditorium

Die Rif Ouditorium is ideaal ingerig vir 'n groot groep van nie meer as 350 persone nie. Dit het 'n uitstekende ingeboude klankstelsel, lugverkoeling, beligting van verskeie tipes sowel as gerieflike gestoffeerde stoele.

Dit is geskik vir vertonings, aanbiedings aan groot groepe en vele meer. Dit beskik ook oor 'n "buite" kombuis waar verversings tydens vertonings verkoop kan word.

Die CAEIA grens aan die ouditorium, waar middagetes of ander verversings tydens aanbiedinge en konferensies bedien kan word.

Skakel 012 348 5135 om te bespreek.

 
Caeia (uitgespreek "Khaya") Die CAEIA is ideaal geskik vir 'n kleiner groep van nie meer as 30 sittende persone. Dit is geleë langs die Ouditorium en kan gebruik word vir 'n verskeidenheid van geleenthede.

Dit beskik oor 'n ingeboude projektor (Litepro) en vertoningsbord met uitstekende klank en beligting.

Skakel 012 348 5135 om te bespreek.