Erediens Bediening

Smile Them In Marietjie Vorster 012 807 6666
083 299 0656
Opneem van Kollekte Verskeie (sien onder) Sien onder
Nagmaal Verskeie (sien onder) Sien onder
Inligtingstafels Marianne Mulder (Atrium) 012 348 5135
Louise Seymour (KGB) 082 479 8516
 
Meer inligting...
 
Smile Them In
Marietjie Vorster - 083 299 0656 / 012 807 6666

Ons bediening se doel is om mense met ‘n glimlag by die deure te verwelkom en plekke aan te wys tydens eredienste. Ons bedieningspan is 'n hele klomp vriendelike mense met ‘n hart vir gasvryheid en om ander welkom kan laat voel.

Ons is ½ uur voor 'n erediens aan diens en deel ook graag gemeente blaadjies uit. Jy kan gerus by ons vriendelike span kom aansluit. Skakel vir Marietjie Vorster om deel te word.


Opneem van Kollekte

Ons bediening fokus daarop om eredienste glad en ordelik te laat verloop tydens die opneem van kollekte. Ons span is opgemaak uit 'n groep gewillige en betroubare persone. Laat weet ons by watter eredienste jy betrokke wil wees. Ons span is aan diens tydens die oggend– en aanderedienste, .ek.kies en Kinder-Gesinsbediening eredienste. Dit sluit ook in die tel van geld ná die diensste.

Laat weet ons by watter eredienste jy betrokke wil wees.
 
Eredienste
Piet van Wyngaard - 012 807 0965

KGB
Pieter Clase - 082 924 4248

†.ek.kies dienste
Aïda Simons - 082 406 5008


Nagmaal

Hierdie bedieningspan help met sny van brood en inskink van wyn sowel as die bediening van nagmaal tydens eredienste. Enige persoon wat graag dié diens wil lewer is welkom om ons te kontak. Ons vereis sowat 2 ure op 'n Saterdagoggend van jou tyd vir die voorbereiding van die nagmaal, sowel as Sondagoggend– en aanddiens - 2½ ure per diens.

Laat weet ons by watter eredienste jy betrokke wil wees.

Eredienste
Piet van Wyngaard - 012 807 0965

KGB
Elzette van Deventer - 079 316 4342

†.ek.kies dienste
Aïda Simons - 082 406 5008


Inligtingstafel

Marianne Mulder - 012 803 2089

Die Inligtingstafel se doel is om op Sondae by die dienste inligting deur te gee en vrae te beantwoord. Die spanlede aan diens bedien enige persoon wat op soek is na enige inligting rakende gemeente aktiwiteite. Soms is dit spesifieke inligting, maar jy sal daarvan voorsien word.

Elkeen neem beurte vir ongeveer 30 min na die oggenddienste in die Atrium. Ons verwelkom enige persoon wat daarvan hou om met mense te werk. Kontak asseblief vir Marianne om ook hier op puntdiens te wees.


Terug na bo