Hallo Toekoms


Wat is die Hallo Toekoms gesprekke?

Dit is ‘n gespreks-geleentheid direk na die Gesinsdiens terwyl kinders in hulle kleingroepe is, wat...

  • Temas oopmaak om ouers te laat nadink, saam gesels, en aanmoedig om hulle rolle as ouers binne ‘n gesinsisteem waar die geloof van kinders gevorm word, in te neem.


  • Die tyd benut wanneer kinders ook in hulle kleingroepe is.
Hoe leer ons kinders ‘n openheid na die behoeftes van die stukkende wêreld?
Ons gebruik verskeie manier wat onder andere insluit:
  • Inligting te versprei en klein uitreike deur gesinne te onderneem (meer onlangs - die Kalahari Projek).


  • Klein gebare van deernis soos die beskikbaarstelling van ‘n paar blomruikertjies elke Sondag wat kinders vir iemand kan gaan gee.


  • Selfmotivering in ‘n motto wat ingeskerp word: Ons is hoopdraers en heelmakers in ‘n stukkende wêreld.