Kinder & Gesinsbediening

Ons help vorm Hoopdraers en Heelmakers

Ons Erediens

Die K&G erediens is gemik op gesinne met kinders in Graad 7 en jonger. Ons vernaamste byeenkoms is 'n kindervriendelike Gesinsdiens elke Sondagoggend om 09:00 (behalwe in die lang vakansies) in die Rif-ouditorium.

Ons Fokus...

  • Hou gesinne bymekaar
  • Gebruik al ons sintuie
  • Ontmoet kinders op verskillende ontwikkelingsvlakke
  • Beleef God se teenwoordigheid in 'n ontspanne en gewyde atmosfeer
  • Leef in 'n verhouding met God en met mekaar. "Ek klim...ens.

Is hierdie ook jou gesin se behoeftes?
  1. "Ons soek 'n erediens wat ons gesin bymekaar sal hou, want ons werk veroorsaak dat ons byna nooit as gesin bymekaar is nie."


  2. "Ek is 'n geskeide ouer. My kinders is net elke tweede naweek by my. Ek wil kwaliteit tyd saam met hulle deurbring - ook op Sondag wanneer ons kerk toe wil gaan."


  3. "Ons is 'n her-saamgestelde gesin. Toe ons verlede jaar getrou het, moes ons leer om as 'n nuwe span saam te funksioneer. Ons wil leer om die Here saam te dien."


  4. "Ek het drie kinders wat baie van mekaar verskil. Elkeen leer op 'n ander manier. Ek soek 'n gemeente wat die verskillende maniere waarop mense leer, benut: visueel, liggaamlik, emosioneel, verstandelik.... Die opvoedkundiges praat mos deesdae van "eight ways of knowing...", en nou hoor ek glad die nuutste: daar is nege!"


  5. "Ons soek 'n gemeente wat nie net op homself gerig is nie, maar waar die kinders leer hulle moet na die stukkende wêreld kyk en uitreik."


  6. "Die kerk moet ons ook help om te leer liefhê. Dit leer jy nie in 'n boek nie. Jy leer dit deur saam met ander te wees, te praat en te doen in 'n klein groepie. Ek soek 'n gemeente waar my kind dit kan inoefen saam met die kennis wat hy kry."


  7. "Kinders ken nie meer die Bybelverhale nie, en weet nie hoe pas die verhale in die groot verlossingsplan van God met die wêreld in nie.
Terug na bo