Kleingroep Program

Meld aan vir diens


In ons Dissipelskapgroepies net na die Kinder-Gesinsdiens, word die volgende elemente hanteer:
  1. Vul die teenwoordigheidsregister in. (Volg kinders op wat vir die 3de keer afwesig is)
  2. Maak aankondiginge of reëlings.
  3. Sosialiseer: Hoe was julle week? Gee ruim geleentheid vir gesprek.
  4. Wat was vandag lekker of interessant in die erediens?
  5. Wat het ons van God geleer?
  6. Wat het ons van die mense in die Bybelse tyd geleer?
  7. Hoekom is dit goed dat ons hierdie gedeelte in die Bybel vandag kon saamlees? (Wat beteken dit vir ons?)
  8. Bid saam.

Elke groepie reël 'n uitstappie of iets interessants wat hulle wil doen.