|
||
|
Die Lifestyle Café is geleë op die kerkgronde naby die Kerkkantoor. Die gesellige
restaurant met sy warm atmosfeer het sitplek vir 35 mense.
Besoek ons gerus vir 'n heerlike koppie koffie met jou vriende of kollegas. Die Lifestyle Café bied heerlike ontbytgeregte, ligte etes en 'n groot verskeidenheid soet- en southappies. Uitstaande disse en diens vir alle spesiale geleenthede:
|
Beplanning geskied saam met jou om die spyskaart saam te stel volgens u behoeftes,
smaak en begroting. Ons kwotasie sluit in tafellinne, dek van tafels en flinke en
vriendelike bediening in 'n warm atmosfeer - enige tyd van Maandag tot Saterdag.
Ons is oop vanaf Maandag tot Vrydag van 08:00 - 16:00, asook Sondae na die oggenderediens. Kom beproef ons wegneemitems en –etes - disse kan selfs voorberei word in jou eie houers indien jy dit so verkies. Ons doen spyseniering, kontak ons gerus vir daardie spesiale geleentheid. Vir besprekings of bestellings skakel Michiel Brown by 082 560 7940 of per e-pos Michiel Brown |
|