|
|
|||
|
Ds Paul du Toit vat hande met al die ouers van kinders in graad 7 en jonger.
Hy sê: “Kyk in kinders se oë. Dit moet blink! Gelukkige kinders se oë wat soos sterre vonkel, is die heel mooiste iets op aarde.” Hy is getroud met Erica en saam werk hulle aan die blinkoë van vier kinders (waarvan drie nog in die huis is). Paul fokus reeds sedert 1978 op ‘n Bediening aan Gesinne met jonger kinders. Saam met sy span vrywilligers werk hulle sedert 2000 in hierdie gemeente aan prosesse en ‘n program wat stukkie vir stukkie uit die praktyk groei. Hierdie model word rondom die behoeftes van gesinne gebou. |
||
|
|
|||