Top Tieners


Hy is al oor die 15 jaar met tienerbediening besig. Sy passie is om binne die taal van vandag se tieners hulle te lei om Jesus te volg. Kreatiewe prediking is een van sy sterkpunte.

Dit is vir hom belangrik dat alle tieners in kleingroepies ingeskakel word. Vir hom is alle tieners by die gemeente welkom, maak nie saak watter kleur, probleme of gewoontes hulle het nie.

Die gemeente is 'n plek waar tieners tuis kan kom.

"Ek droom oor die dag wanneer al die tieners van die omgewing by die gemeente sal inskakel.

Jorrie is getroud met 'n wonderlike vrou, Averil, en hulle het 3 pragtige kinders.

Dr Jorrie Potgieter
Tiener Dominee