| God daag jou uit om in Hom te groei | |
|
Wat kan jy verwag tydens die Dissipelskool groepe?
In die kleingroepe word langtermyn verhoudings met mekaar en die gemeente gebou. Hier word jongmense geleer waarom die Bybel nog steeds vandag relevant is, en wat dit beteken om as ‘n Christen in die wêreld te leef. Elke dissipelgroep (kleingroep) bestaan uit so 8-12 tieners binne graad verband. Meisies & Seuns is geskei, om elke groep te help om persoonlike sake wat ook uniek aan elke geslag is, met vrymoedigheid met die kleingroepleier te bespreek. Mans het kleingroepe wat uit seuns bestaan, en dames het kleingroepe wat uit dogters bestaan. Ons kleingroepe bestaan uit tieners vanaf gr 7 tot gr 12. Wanneer? Elke Sondagmiddag 17:45 kom die kleingroepe bymekaar - elk in sy eie groep. Waar skakel ek in? Kontak Isabel by die Kerkkantoor - 012 348 5135 | isabel@lynnwoodrif.co.za of Aïda Simons by 082 406 5008 om by die regte groep in te skakel. |