| Gebedsversoek | Skakel in | |||||
|
|
|||||
|
Leraar: Gebedsbediening
Dr Jorrie Potgieter - 012 807 4940
|
|||||
![]() |
|||||
Die Here sê in sy Woord dat sy gemeente ‘n “huis van gebed” genoem word (Matt 21:13). Kan ons eerlik sê dat dit van ons waar is? God sê in Jes 62:6 dat Hy wagte op die mure uitgesit het en hulle sal
“dag en nag” roep. |
|||||
|
|
|||||
| Persoonlike Voorbidders | Ons het 3 persoonlike voorbidders vir elkeen van ons 4 leraars, vir die Hospitaalbediening en die Bybelskool. Enkele ander bedieninge het een of meer voorbidders. Skakel 012 807 2709 as u belangstel. | ||||
| Gebedskaarte |
Beskikbaar in die houers in die kerkbanke. Gebedsbediening doen spesiaal voorbidding
vir dié persone of genoemde sake.
Indien ‘n telefoonnommer verstrek is, word persone geskakel en bemoedig. |
||||
| Aksie Intersessie | Ongeveer 90 gemeentelede het bid elke Vrydag tuis vir Lynnwoodrif en Pretoria. | ||||
| Gebedsketting |
Elke Maandag gedurende die jaar behalwe die twee weke oor Kerstyd.
20 Dames (3 groepe) skakel mekaar en bid vir siekes, trauma en gemeentesake. |
||||
| Uur vir Vuur | Elke Woensdagaand vanaf 18h30 tot 19h30, behalwe vakansies. Ons bid saam in die Gebedslokaal vir die gemeente en bedieninge. | ||||
| Biduur | Elke Saterdagoggend dwarsdeur die jaar vanaf 07:00 - 08:00 in die Gebedslokaal. Geleentheid om saam te bid vir die gemeente, stad en land. | ||||
| Tshwane Gebedsdag | Die laaste Maandag van elke maand. Lidmate word versoek om op dié dag individueel of in groepe tuis spesifiek vir Tshwane te bid. | ||||
| Spesiale Verootmoedigings-diens | Voor Pinkster word 'n diens, wat op gebed fokus, in die saal gehou van 10:00 - 11:00. Een van die leraars lei die diens. | ||||
| Week van Gebed | Vind in die begin van die jaar plaas. | ||||
| Halfnag van Gebed | Een maal per jaar, in Oktober, bid ons saam vanaf 18:00 - 24:00. | ||||
| Rifbid | Ons Gebedsblad verskyn drie maal per jaar. Dit bevat gebedsinligting plaaslik en wêreldwyd. | ||||
| Spesiale Aksies | Die bediening probeer elke jaar 'n besondere funksie rondom gebed reël. | ||||
| Spesiale Gebeds-kettings | Ons het twee spesiale gebedskettings op Hemelvaart en Vrouedag wanneer lidmate vanaf 06:00 - 18:00 elke kwartier bid. Ons bel mekaar en vorm so 'n aaneenlopende gebedsketting. | ||||
| Terug na bo | |||||