|
||||||
Bestuurder
|
||||||
|
Getuienis Kantoor Administratiewe Assistent |
Vakant |
|||||
| Lees en Skryf Bediening | Carolien Mentz | 012 807 7980 | ||||
| Vigsbediening | Eranée le Roux | 012 365 1030 | ||||
| Pen Akkutuurbediening | Jasmyn van Heerden | 012 323 6688 | ||||
| Tabita naaldwerk klasse | Heleen Page | 012 803 1720 | ||||
| Arbeidsentrum | Johan Hattingh | 012 348 5135 | ||||
| Meer inligting... | ||||||
|
Lees en Skryf klasse
Carolien Mentz - 012 807 7980 Hierdie bediening vind binne die gemeentegrens plaas waar ons ongeletterde mense leer lees en skryf. Ons verwelkom graag iemand wat 'n hart het vir minder bevoorregtes en die vermoë het om ander met geduld te leer. Die bediening is slegs werksaam gedurende skoolkwartale - twee ure per week op ‘n Donderdagmiddag van 14:30 - 17:00 by die kerk in die Atrium. Jy kan gerus vir Carolien Mentz skakel by 012 807 7980. |
||||||
|
|
||||||
|
Vigsbediening
Eranée le Roux - 012 365 1030 Ons bied Ondersteuning aan mense geïnfekteer met- of geaffekteer deur MIV/VIGS bv, VIGS-wesies en pasiënte sterwend aan VIGS. Ook ondersteuning aan vrywillige hulpverleners. Ons vergader elke 2de maand en jou betrokkenheid wissel na gelang van aktiwiteite wat beplan word. Enigiemand wat ‘n passie het vir bogenoemde - veral mense wat kans sien om in swart woongebiede te werk en hulself en hul tyd te gee vir uitstappies vir kinders of versorging van pasiënte. Jy kan gerus vir Eranée le Roux skakel by 012 365 1030. |
||||||
|
|
||||||
|
Tabita Naald werk klasse
Heleen Page - 012 803 1720 Dit is 'n vreugde om hierdie vrouens te sien ontwikkel. Hierdie bediening bemagtig vroue om klere te maak en sodoende met eie besighede te kan begin. Ons verwelkom jou as jy naaldwerk kan doen en weet hoe om met masjiene te werk. Die bediening is aktief tydens die skoolkwartale op Donderdagmiddae vanaf 14:30 - 17:30. Heleen Page is hier aan die stuur en jy kan haar skakel by 012 803 1720. |
||||||
|
|
||||||
|
Arbeidsentrum
Johan Hattingh - 012 348 5135 Hierdie bediening is 'n instrument in die verskaffing van werk aan werklose mense. Ons bedieningspan is persone wat kan / reeds help met die administrasie en plasing van werkers. Dit is aktief tydens skoolkwartale vir 2½ uur op 'n Woensdag vanaf 09:30 - 12:00. Indien jy 'n werker nodig het, hetsy vir tuin of huis, kontak ons gerus om jou hierin van hulp te kan wees. Ons vra 'n minimale fooi wat aangewend word om aan die werkers die nodige hulp te kan bied. Skakel slegs op Woensdagoggende 012 361 8700. |
||||||
|
|
||||||