Kampe & Avontuur

Roelof Groesbeek

082 440 2544


Vlieghengel Gemeenskap

'n Behoefte is binne die gemeente geïdentifiseer om buitelug-aktiwiteite te vestig buite die normale gemeente-aktiwiteite, waarbinne die gemeentelede hulself kan uitleef en so bydra tot 'n gebalanseerde lewensstyl. Ons verwelkom almal wat reeds vlieghengel doen of diegene wat daarmee wil begin.

Ons vergader elke Dinsdagaand om 19:30 te Lynnwoodrif. Die fokus sal omvattend wees en sal insluit:

  • Vlieghengel vir inheemse en uitheemse visse (forel, geelvis, ens.)
  • Vliegbind - die bind van jou eie vlieë vir gebruik gedurende die hengeluitstappies
  • Praatjies oor vlieghengel
  • Reël van dag- en naweekuitstappies.