Kunste Bediening

Poppekas vakant  
Blommediensgroep Elize de Jong 076 115 8818
Drama Vakant  
Kunste- en Versieringsbediening Hennie Gouws 082 786 7493
Lofdanse Sandra Botha 083 764 6871 (kinders)
Vakant (volwassenes)
Vakant (tieners)
 
Meer Inligting...
 
Poppekas - vakant

Om die boodskap dmv ‘n poppekas vir kleiner kinders aan te bied. Persone wat kan help met aanbiedinge, maak van poppe of skryf van stories. Ons sal jou tydens die Kinder-Gesinsbediening, ongeveer 2 ure per week op Sondae en 2 ure vir oefening voor optrede benodig.


Blommediensgroep

Elize de Jong - 076 115 8818 / 012 804 2511

Om die Kerk en Ouditorium met blomme te versier tydens eredienste en ander spesiale geleenthede. Persone met ‘n liefde vir blomme. Ongeveer 5 ure op ‘n keer.


Versieringsbediening

Hennie Gouws - 082 786 7493

Ons sien om na die estetiese binne en buite die kerkgeboue. Ons verwelkom enige persoon tussen 18 en 80 jr met ‘n oog en ‘n idee vir iets moois. Jy sal ongeveer 2 dae per maand besig wees.


Lofdanse

Kinders
Sandra Botha - 083 764 6871
Volwassenes
Vakant
Tieners
Vakant
 
Ons bediening gaan die gemeente voor in aanbidding deur middel van lofdanse. Volwassenes, seuns en dogters wat graag wil leer om lofdanse te doen is enige tyd welkom om by ons aan te sluit. 2 ure per week vir oefeninge en 2 ure voor en tydens oggenddienste.

Drama - Vakant

Die drama bediening se doel is om eredienste toe te lig met drama aanbiedinge. Ons optredes wissel, maar jy kan verwag om die drama bediening in aksie te sien tydens Paasdienste, Kersdienste en ander spesiale dienste. Mense wat hou van toneelspeel of mense wat kan help met toneelspeel, skryf, décor, ens is welkom om by ons aan te sluit. Jy sal per geleentheid 1-2 ure per keer na gelang van projekte of behoefte besig wees.


Terug na bo