Sending

Sending is ’n deel van Getuienisbediening se opdrag.  Sending se primêre teiken is die gemeenskap buite die gemeentegrense.  In ‘n wêreld vol wanhoop en pyn moet ons vir almal ‘n rede vir bestaan bied – God Drie-enig. Ons moet die boodskap uitkry:
‘Jy is belangrik vir God!’

Om hierdie doel te bereik word in elke gemeenskap: bepaal wie ons wil bereik; bepaal hoe die gemeenskap dink; gefokus op die mees ontvanklike persone, terwyl die teikengroep die benadering wat gevolg word bepaal.

In opdrag van God reik ons na die verskillende gemeenskappe onder andere:

  • Lynnwoodrif,
  • Sending deur Besigheid
  • Middestad
  • Mamelodi
  • Oekraïne en
  • Middel-Suid Asië, waar ons gemeente ‘n invloed het.